Send

Remember Me?
Forgot your password?
Don't have an account?Register now


 

Word die Swartland ’n sandmynland?

17 February 2017


Volgens Sadie het buitelandse beleggers pas miljoene rande in die plase belê.

’n Ander bekroonde wynplaas in die nabye omgewing is A.A. Badenhorst Wines.

“Jy wil nie in ’n proelokaal sit waar daar mynlorries voor jou is nie. Of in ’n gastehuis tuisgaan waar lorries verby ry nie. Die plase hier is klein en ons boer op mekaar se voorstoepe,” sê hy.

Die Protect the Paardeberg Coalition (PPC), waarvan Sadie ’n lid is, is in Januarie op die been gebring om die gebied se natuurerfenis te bewaar. Die koalisie het Dinsdag ’n verklaring uitgereik waarin hy sy skok en afgryse oor die mynpermitte uitspreek.

“Dis effe crazy,” sê Sadie. “Ons het dit glad nie gesien kom nie. Dis in die middel van oestyd. Dit het ons wind heeltemal uitgeslaan.”

Volgens Sadie is die Swartland die streek in Suid-Afrika wat die afgelope agt jaar die meeste internasionale media-aandag geniet het en word die meeste vyfster-wyne in Suid-Afrika tans in hierdie gebied gemaak.

“Die publiek het geweldig gereageer,” sê hy en noem dat hy ná die uitreiking van PPC se verklaring oproepe van belangstellendes uit Kanada, Amerika, Londen, Japan, Beijing en Noorweë ontvang het.

“Die Swartland het net die toerisme en internasionale besoekers en plaaslike verbruikers deurtrap die plek,” sê hy.

ie Swartland het eers onlangs begin naam maak as bekroonde wyndistrik en 35 nuwe wynkelders is die afgelope 20 jaar daar opgerig.

Sadie het sy eie plaas sedert 1999 van die grond af opgebou en Sadie Family Wines het besondere vermelding gekry in die Platter’s by Diners Club South African Wine Guide 2017.

“Hierdie gebied is besig om deur te breek en 20 jaar se werk begin lonend raak,” sê hy. “As jy die grond gemyn het, is die grond weg. Daar is nog geen studie gedoen wat wys dat dit heeltemal gerehabiliteer kan word nie,” sê Sadie.

PPC wil hê dat ’n grondwaardestudie gedoen word wat bewys dat die waarde van omliggende plase nie sal daal as daar sand gemyn word nie.

“Hier is so min sand dat hulle net ’n paar plekke onooglik gaan maak. Ons wil weet of die sandmyne genoegsame besigheid vir die huidige ekonomie sal lewer, en ons wil hê die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) moet die sandgehalte toets,” sê hy.

Maar volgens Kobus Groenewald, eienaar van BKL Sandmines, is al die relevante impakstudies gedoen. Groenewald is gefrustreerd dat sy aansoek om ’n mynpermit, wat gewoonlik ses maande neem om goedgekeur te word, nou al twee jaar lank sloer.

“Die kenners sê as ons klaar gemyn het, sal die grond meer geskik vir landbou wees as voor die mynbouaktiwiteite,” sê Groenewald. “Namate ’n mens myn, word dit onmiddellik gerehabiliteer en sal dit onmiddellik weer vir landbou beskikbaar wees.”

Groenewald sê ook toetse is laat doen om die gehalte van die sand te bepaal, en “daar is geen probleem met die sand nie”.

Volgens hom is die sand aan Malmesbury se kant op en as daar nie meer sand gemyn kan word nie, sal die hele konstruksiebedryf in die Wes-Kaap ineenstort.